Welkom by my webblad, my eie unieke eksperiment in spraakvryheid. In Suid-Afrika tans, is die opinie 'n bedreigde spesie. Niemand sê meer wat hulle werklik dink nie en laat dit maar oor aan gesprekke langs braaivleisvure. Ons is almal te bang vir die nagevolge..

Ek het hierdie vrees van my oorkom. Soos die Engelsman sê: 'I paid my dues.' Ek is al gefire (verskeie kere), gedagvaar en gebliksem omdat ek dit sou durf waag om te sê wat ek dink maar steeds glo ek dit is nodig dat jy so nou en dan jou kop so diep as moontlik in die leeu se bek druk.

Dit is die enigste manier hoe 'n mens die dierasie tem: deur te wys dat jy alle vrees vir hom verloor het. Hier praat ek natuurlik nie net van die verkramptes nie maar ook diegende wat hulleself oor ons aangestel het en nou een regime met 'n ander vervang het.

Ek wil hê dat ons moet gesels hier oor alles en nog wat en as jy wil 'vent' is jy meer as welkom, hierdie webblad is baie goedkoper as 'n sielkundige. Pak uit hier as jy wil of praat kak as die gevoelente jou beetpak.

Ons bou hier ons eie unieke gesinnetjie.

Terloops, onthou dat ek maar altyd die humor oral probeer raaksien al is dit ten koste van myself of al pis dit die suurstofdiewe af. So moenie 'n blad verwag wat gebukkend gaan onder sy erns nie.

Ons wil darem ook pret hê my magtig!

Hoop om almal by die verhoog shows te ontmoet.

Dankie vir jou kuier.

Rian.